A A A A A
Jesaja 46
1
Die afgodsbeelde van Babel, Bel en Nebo, word weggery op waens. Osse sleep hulle weg. Die arme diere steier onder die swaar vrag.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
“Bel en Nebo, die gode van die mense van Babel, het geval, hulle is dood. Ander mense sit die gode op diere, en die diere dra swaar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Babel se afgod Bel het inmekaargesak. Nebo het geknak. Hulle beelde het ’n swaar vrag geword op die rûe van die diere wat hulle moes dra. Hulle gewig druk die pakdiere wat hulle dra, in die grond in.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Bel het ineengestort, dis klaar met Nebo! Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste gelaai. Hulle het 'n vrag geword vir moeë diere.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.
Afrikaanse Bybel 1933/1953