A A A A A
Jesaja 45
9
Ellende wag vir hom wat sy Skepper verwyt, ’n potskerf tussen potskerwe. Kan die kleipot vir sy maker sê: ‘Wat maak jy?’ Kan jou handewerk vir jou sê: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie’?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Dit sal sleg gaan met iemand wat wil stry met die God wat hom gemaak het en wat vir God wil sê Hy doen verkeerd. So iemand is soos 'n stuk van 'n kleipot wat gebreek het. Die klei kan nie praat met die pottebakker en sê: “Wat maak jy? Jy werk nie reg nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Daar wag probleme vir iemand wat staan en stry met die een wat hom gemaak het. Hy is soos ’n kleipot wat van klei gemaak is. Die klei kan mos nie vir die pottebakker sê nie: “Wat is jy besig om te doen? Weet jy dan nie wat om met jou hande te maak nie?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het, 'n potskerf tussen potskerwe van klei. Durf die klei vir die een wat dit vorm, sê: “Wat maak jy?” Durf wat jy gemaak het, van jou sê: “Hy kan nie sy hande gebruik nie!”
Afrikaanse Bybel 1983

9
Wee hom wat met sy Formeerder twis -- 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
Afrikaanse Bybel 1933/1953