7 |
Ek maak die lig en skep die donkerte. Ek gee voorspoed en stuur slegte tye. Ek, die Here, is die Een wat al hierdie dinge doen. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Ek laat dit lig word of donker word, Ek laat dit goed gaan of sleg gaan, Ek, die Here, doen dit alles. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Dit is Ek wat die lig gemaak het, maar ook die donker. Vrede, maar Ek bring ook teëspoed. Ek is die Here. Ek het al hierdie dinge gemaak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|