5 |
Ek is die Here en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God as Ek nie. Ek maak jou sterk, al erken jy My nie eens nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
5 |
Ek is die Here, daar is nie nog 'n ander Here nie. Net Ek is God. Jy het My nie geken nie, maar Ek maak jou sterk om oorlog te maak. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
5 |
Ek is die Here. Behalwe vir My is daar nie ander gode nie. Ek het jou sterk gemaak vir jou werk, al ken jy My glad nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
5 |
Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
5 |
Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|