A A A A A
Jesaja 45
3
Ek gee vir jou skatte wat weggesteek is in die donker, rykdomme opgesluit in geheime plekke. Ek doen dit sodat jy kan erken dat Ek die Here is, die God van Israel, wat jou by jou naam roep
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Ek sal vir jou die goed gee wat die ander konings weggesteek het in donker plekke. Dan sal jy weet Ek is die Here wat jou geroep het en wat jou naam genoem het, Ek is die God van Israel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Ek gee vir jou die skatte wat in donker plekke bewaar word, die rykdom wat weggesteek word. Ek doen dit vir jou sodat jy kan weet dat dit Ek, die Here, die God van Israel is wat jou geroep het om te regeer.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.
Afrikaanse Bybel 1983

3
En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;
Afrikaanse Bybel 1933/1953