A A A A A
Jesaja 45
21
Praat saam, stel julle saak, bring julle bewyse dat afgode kan vertel wat in die toekoms gaan gebeur. Wie het lankal terug gesê wat gaan gebeur? Was dit nie Ek, die Here, nie? Want daar is geen ander God as Ek nie, ’n regverdige God en ’n Redder. Buiten My is daar niemand nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Sê vir hulle en laat hulle besluit: Wie is dit wat lank gelede gesê het wat sal gebeur? Dit is Ek, die Here. Daar is nie 'n ander God nie. Daar is nie nog 'n God wat regtig God is en wat mense kan red nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Sit koppe bymekaar en beplan hoe julle julle saak gaan bewys. Wie het lankal al gesê wat nou gaan gebeur? Was dit nie maar Ek, die Here, nie? Daar is mos nie ’n ander God behalwe Ek nie. Ek is die enigste Een wat regverdig is en wat mense red. Niemand anders kan dieselfde vir julle doen nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Stel julle saak en bring julle bewyse, beraadslaag gerus met mekaar daaroor. Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net Ek is 'n God wat regverdig is en red.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953