A A A A A
Jesaja 45
19
Ek het nie in die geheim gepraat, êrens in ’n donker land nie. Ek het nie vir die afstammelinge van Jakob beveel om vir My iets te vra wat Ek nie beplan om vir hulle te gee nie. Ek, die Here, praat die waarheid. Ek sê wat reg is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Ek het gepraat waar almal My kon hoor, Ek het nie in 'n donker plek gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesê hulle moet My dien op 'n plek waar Ek nie is nie. Ek, die Here, praat wat reg is, Ek sê wat regtig sal gebeur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Ek het nie iets in die geheim gesê nie. Ek het nie daar gepraat waar dit donker en eenkant is nie. Ek het nie vir Jakob se nageslag gesê om na My te gaan soek waar dit eensaam en verlate is nie. Wat Ek, die Here, sê, is reg en regverdig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Ek het nie in die geheim gepraat iewers in 'n donker land nie. Ek het nie aan die nakomelinge van Jakob gesê om My in 'n onbewoonbare land te dien nie. Wat Ek, die Here, sê, bring redding, my woorde gee lewe.
Afrikaanse Bybel 1983

19
Ek het in die geheim nie gespreek nie -- op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953