A A A A A
Jesaja 45
18
So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy is God wat die aarde gevorm en gemaak het. Hy het dit gevestig. Hy het dit nie gedoen om leeg te wees nie, maar om bewoon te word. “Ek is die Here,” sê Hy. “Daar is niemand anders nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Ja, dit is die Here wat praat. Hy het die hemel en die aarde gemaak. Hy het die aarde gemaak, maar Hy wil nie hê die aarde moet leeg wees nie. Nee, Hy het die aarde gemaak sodat daar mense kan woon. Hy sê: “Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Die Here het die lug gemaak. Net Hy is God. Hy het die aarde gemaak. Hy het dit nie gemaak dat dit moet leeg staan nie, maar dat mense daarop kan woon. Hy sê: Ek is die Here. Daar is nie nog ’n ander God ook nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie.
Afrikaanse Bybel 1983

18
Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het -- Hy is God! -- wat die aarde geformeer en dit gemaak het -- Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word -- Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953