A A A A A
Jesaja 45
16
Mense wat afgodsbeelde maak, sal verneder word en in die skande kom.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Die mense wat beelde van gode gemaak het, is teleurgesteld, hulle voel verneder en skaam.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Dié wat afgode maak, kom in die verleentheid. Hulle bring skande oor hulleself.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Dié wat afgode maak, staan almal verleë, teleurgestel in hulle verwagting, hulle kom bedroë daarvan af.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Hulle het beskaamd gestaan en ook in die skande gekom, hulle almal; hulle het tesame met skande heengegaan -- die wat afgode maak.
Afrikaanse Bybel 1933/1953