A A A A A
Jesaja 45
12
Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe. Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek. Al die miljoene sterre staan onder my bevel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

12
Ek het die aarde gemaak en die mense daarop. My hande het die hemeldak gemaak en Ek het dit styfgetrek soos 'n tent, en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

12
Dit is Ek wat die aarde gemaak het. Ek het die mense wat op die aarde woon, gemaak. Ek het met my hande die hemelruim daar bo oopgespan. Alles wat daarin is, luister wat Ek hulle beveel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

12
Ek het die aarde gemaak; die mensdom wat daarop is, het Ek geskep. Ek het met my hande die hemel oopgespan en Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee.
Afrikaanse Bybel 1983

12
Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek -- my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
Afrikaanse Bybel 1933/1953