11 |
Die Here, die Heilige en die Skepper van Israel, reageer so daarop: “Betwyfel julle wat Ek doen? Sê julle vir My wat Ek moet doen? |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Dit is die Here wat praat, die Heilige God van Israel. Hy het Israel gemaak. Hy sê: “Hoekom vra julle wat sal gebeur en wie my kinders is? Hoekom wil julle vir my sê wat Ek moet doen? |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Die Here, die hoë God wat vir Israel ’n volk gemaak het, sê vir hulle: Wil julle My nou voor stok kry oor my kinders? Wil julle vir My kom beduie wat Ek moet doen? |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
So sê die Here, die Heilige van Israel, die Skepper van Israel: Durf julle van My rekenskap vra oor wat gaan gebeur? Durf julle aan My voorskryf oor my kinders en oor die werk van my hande? |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|