3 |
Hierna het die profeet Jesaja na koning Hiskia gekom en vir hom gevra: “Wat wou hierdie mense gehad het? Waarvandaan het hulle gekom?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het van die verafgeleë land Babel na my toe gekom.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Die profeet Jesaja het na koning Hiskia toe gekom en hy het vir die koning gevra: “Wat het daardie manne gesê? Van watter land het hulle gekom?” Hiskia het vir hom gesê: “Hulle het van 'n ver land na my toe gekom, van die land Babel.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
Jesaja het toe met Hiskia gaan praat en vir hom gevra: “Wie is die mense en wat het jy alles vir hulle gesê?” “Hulle kom van ’n baie ver plek af,” was Hiskia se antwoord, “van Babel af.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
Toe kom die profeet Jesaja na koning Hiskia toe en sê vir hom: “Wat het daardie mense gesê en waarvandaan kom hulle?” Hiskia het geantwoord: “Hulle het uit 'n ver land na my toe gekom, uit Babel.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|