27 |
Kyk! Die Here kom uit die verte. Sy woede breek los, omring deur donker wolke soos rook. Sy lippe is vol wraak. Sy woorde verteer soos vuur. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
Kyk, die Here kom van ver. Hy is baie kwaad. Wanneer Hy praat, dan is dit soos 'n vuur wat brand. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Kyk, die Here kom van ver af. Hy is woedend kwaad. As Hy praat, is sy woorde soos weerligstrale wat vuur en rook uit die grond slaan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Die Here verskyn uit die verte; sy toorn breek los, onweer dreig; as Hy praat, is dit vol gramskap, sy woorde is vlamme van vuur. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|