23 |
Dan sal die Here jou seën. Jy sal genoeg reën kry wanneer jy plant. Daar sal groot oeste wees en baie weiveld vir jou vee. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
23 |
Die Here sal reën gee wanneer julle saad in die grond saai, en die koring sal goed groei in die grond, die koringkorrels sal gesond en vet wees. Julle skape en bokke sal baie plek hê om te wei. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
23 |
Dan sal die Here julle in die planttyd met genoeg reën seën sodat julle wonderlike oeste sal hê. Daar sal volop weiding vir julle vee wees. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
23 |
Dan sal die Here reën gee op die saad wat jy in die land gesaai het, en sal jou grond kos vir jou lewer wat ryk en voedsaam sal wees. Jou kleinvee sal wei in uitgestrekte grasveld. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
23 |
Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in die dag wei op 'n uitgestrekte weiveld; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|