A A A A A
Jesaja 30
19
Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Ja, volk wat in Sion woon, in Jerusalem, julle sal nooit weer huil nie. Wanneer julle die Here roep en vra Hy moet julle help, dan sal Hy weer goed wees vir julle. Dit is seker. Wanneer Hy hoor julle bid, dan sal Hy dadelik antwoord.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Luister, mense van Sion, julle wat in Jerusalem woon, julle hoef nie meer te huil nie. Die Here sal julle help as Hy hoor julle roep na Hom en vra vir sy hulp. Hy sal julle gebede verhoor die oomblik wat Hy dit hoor.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor.
Afrikaanse Bybel 1983

19
Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
Afrikaanse Bybel 1933/1953