A A A A A
Jesaja 30
15
So sê die oppermagtige Here, die Heilige van Israel: “Eers as julle na My draai en tot rus kom, sal julle gered word. Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word. Maar julle wou nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Die Here, die Heilige God van Israel, het gesê: “As julle terugkom na My toe en veilig voel by My, dan sal Ek julle red. As julle stilbly en My glo en vertrou, dan sal Ek julle help. Maar julle wou dit nie doen nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Maar die Here, die heilige Regeerder van Israel, sê: “Slegs as julle julle bekeer en julle vertroue in My stel en rustig op My wag, sal julle gered word. Julle krag lê daarin dat julle stil op My vertrou.” Maar daarvan wou julle niks weet nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie;
Afrikaanse Bybel 1983

15
Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
Afrikaanse Bybel 1933/1953