A A A A A
Jesaja 30
13
Daarom sal rampe skielik oor julle kom. Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val. En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Daarom sal hierdie sonde word soos 'n stukkende plek in 'n hoë muur wat nie regop is nie. Die muur sal skielik omval
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Hierdie sonde is vir julle net so gevaarlik soos ’n stadsmuur wat begin oorhang het na die een kant toe: dit val in ’n oogwink en sonder waarskuwing om.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Daarom word hierdie sonde vir julle 'n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te val en dan skielik, onverwags inmekaarstort
Afrikaanse Bybel 1983

13
daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953