A A A A A
Jesaja 30
11
Vergeet van al die slegte dinge! Ons het meer as genoeg gehoor van die ‘Heilige van Israel’. Ons is moeg om te hoor wat Hy kwansuis vir ons wil sê!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Hulle sê: “Gaan weg, moenie met ons praat oor die Heilige God van Israel nie.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Gee pad voor ons met julle doemprofesieë. Ons is moeg daarvoor. Ons het meer as genoeg gehad van julle praatjies oor die heilige God van Israel. Hou op om vir ons te preek!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Gee pad voor ons, moenie voor ons kom staan nie; laat die Heilige van Israel uit ons teenwoordigheid verdwyn!”
Afrikaanse Bybel 1983

11
wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!
Afrikaanse Bybel 1933/1953