A A A A A
Jesaja 30
1
“Verwoesting staan vas vir my opstandige kinders,” sê die Here. “Julle maak planne wat nie van My kom nie. Julle smee vennootskappe wat nie deur My geïnspireer is nie. Julle stapel sonde op sonde.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met julle. Julle is soos ongehoorsame kinders. Julle maak planne en ooreenkomste maar Ek het nie gesê julle moet dit doen nie. Julle doen meer en meer sonde.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Daar wag swaarkry op my opstandige kinders, sê die Here, want hulle maak planne wat nie van My af kom nie en voer dit uit. Hulle sluit verdrae wat nie volgens my wil is nie en daardeur stapel hulle hulle sonde al hoër op.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Ellende wag vir die rebelse mense wat planne uitvoer wat nie van My af kom nie, sê die Here, dié wat verdrae sluit wat nie volgens my wil is nie en so sonde op sonde stapel.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;
Afrikaanse Bybel 1933/1953