A A A A A
Jesaja 27
1
Daardie dag sal die Here met sy groot, skerp swaard die Leviatan straf. Die Leviatan, kronkelende draak van die see, sal Hy doodmaak.
2
“Daardie dag sal ons sing van die goeie wingerd.
3
Ek, die Here, sal dit versorg en dit gereeld natlei. Dag en nag hou Ek wag daaroor sodat dit nie beskadig word nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Daardie dag sal die Here die vinnige slang doodmaak. Hy sal die Leviatan doodmaak, die slang wat rondswem, die monster in die see. Die Here sal sy skerp, groot, sterk swaard vat en Hy sal die slang doodkap.
2
Daardie dag moet julle sing oor die mooi wingerd van die Here, julle moet sing oor sy volk.
3
Ek, die Here, pas my wingerd op, Ek gee die wingerd altyd water. Ek pas die wingerd elke dag en nag op, sodat niemand dit kan verwoes nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Op daardie dag sal die Here sy gevaarlike, skerp swaard gebruik om die vyand te straf, die kronkelende waterslang wat in die diepsee woon, die seemonster.
2
Dan sal Hy hierdie lied oor Israel sing: Sing van Israel, my pragtige wingerd!
3
Ek, die Here, sorg self vir my wingerd. Ek lei dit gereeld nat sodat die lote nie verlep nie. Ek hou dag en nag daar wag sodat niemand dit kan beskadig nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.
2
Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd;
3
Ek, die Here, sorg daarvoor: Ek lei dit gereeld nat, dag en nag staan Ek wag daarby sodat niemand dit kan beskadig nie.
Afrikaanse Bybel 1983

1
In die dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Levi tan, die vinnige slang, en oor die Levi tan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
2
In die dag sal daar wees 'n wingerd van skuimende wyn -- sing daarvan!
3
Ek, die HERE, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953