A A A A A
Jesaja 27
6
Die tyd kom dat my volk sal wortelskiet. Israel sal bot en blom en die hele aarde met vrugte vul.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Die tyd sal later kom wanneer die mense van Israel soos bome sal wees wat wortels het en wat blomme en vrugte dra. Die vrugte sal baie wees, die aarde sal vol vrugte wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
In die toekoms sal Jakob se nageslag wortelskiet soos ’n boom. Israel sal bloeisels maak en vrugte dra wat vir die hele wêreld voordeel sal inhou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal groei en lote maak. Die aarde sal vol word van hulle vrugte.
Afrikaanse Bybel 1983

6
In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.
Afrikaanse Bybel 1933/1953