A A A A A
Jesaja 15
3
Hulle sal rouklere dra wanneer hulle op straat kom. Want in elke huis en op elke plein sal mense bitterlik huil van verdriet.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
hulle trek rouklere aan op die strate, hulle sit almal en huil op die dakke en op die oop plekke, hulle is baie hartseer, hulle wil sterf.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Hulle loop in die strate rond met hulle growwe rouklere. Hulle sit op die plat dakke van hulle huise en huil kliphard, hulle loop op die pleine van hulle stede rond en treur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
hulle dra rouklere op die strate, hulle huil op die dakke en die pleine, hulle vergaan van verdriet.
Afrikaanse Bybel 1983

3
Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.
Afrikaanse Bybel 1933/1953