A A A A A
Jesaja 11
1
Uit die stomp van Dawid se familie sal ’n takkie groei, ’n tak wat vrugte sal dra.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Min mense het oorgebly van die nageslag van Isai. Hulle is soos 'n boom se stam wat oorgebly het in die grond wanneer iemand die boom afgekap het. Maar uit daardie boomstam sal 'n takkie groei en dit sal vrugte dra. 'n Kind sal gebore word en hy sal koning word.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Ten spyte daarvan dat die nageslag van Dawid getref word soos ’n boom wat afgekap word, sal daar tog weer uit die stomp van Isai wat oorbly, ’n takkie begin groei. Uit die ou wortel wat nog in die grond was, sal ’n nuwe tak uitkom wat sal vrugte dra.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
'n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;
Afrikaanse Bybel 1933/1953