8 |
Ek het vir myself gesê: ‘Teen hierdie palmboom wil ek uitklim en sy dadeltrosse gryp.’ Laat jou twee borste vir my wees soos druiwetrosse. Laat jou asem vir my ruik soos dié van appels, |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
8 |
Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom, ek wil sy trosse dadels pluk. Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe, jou neus moet ruik soos appels, |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
8 |
Ek het vir myself gesê dat ek nog in hierdie palm wil klim en van sy vrugte wil pluk. Jou borste is soos twee druiwetrosse en jou asem ruik na appels. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
8 |
Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse blomme gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos dié van appels, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
8 |
Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|