13 |
Liefdesappels versprei hulle geur, en by ons deur is daar vrugte, vars en ryp. My liefling, ek het hulle net vir jou gebêre.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker, daar is baie lekker vrugte voor ons deur, nuwe en ou vrugte. Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Die liefdesappels se geure is oral te ruik. Naby ons deur groei die heerlikste vrugte en vir my liefling het ek daarvan bewaar. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
“Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|