1 |
“Nou waarheen sou jou liefling gegaan het, mooiste van al die vroue? Waarheen het jou minnaar gegaan? Ons sal jou help om na hom te soek.” |
2 |
“My liefste is af na sy tuin toe. Hy is na die kruiebeddings om sy skape in die tuine te laat wei en om lelies te pluk. |
3 |
Ek behoort aan my liefste en hy is net myne. Hy laat sy skape tussen die lelies wei.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, waarnatoe het die man gegaan vir wie jy lief is? Waarnatoe is die man vir wie jy lief is? Ons sal saam met jou soek.” |
2 |
Sy sê: “Die man vir wie ek lief is, het afgegaan na sy tuin, na die kruie-tuin, om soos 'n takbok in die tuine te wei en om blomme te pluk. |
3 |
Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy is myne, hy wat tussen die blomme wei.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Jy is die allermooiste van die vroue, maar waar is jou liefling dan? Sê ons, dan help ons jou soek. |
2 |
Hy is na sy tuin toe waar die lekkerruikkruie groei. Daar wei sy kudde terwyl hy die lelies pluk. |
3 |
My geliefde is myne, net myne. En ek is syne, net syne. Julle sal hom by die lelies vind waar hy sy kudde laat wei. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
“Waarheen is die man wat jy liefhet, mooiste van al die vroue? Waarheen is die man wat jy liefhet? Ons sal hom saam met jou soek.” |
2 |
“Die man wat ek liefhet, is af na sy tuin toe, na die kruiebeddings toe om sy skape tussen die tuine te laat wei en om lelies te pluk. |
3 |
Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne, hy wat sy skape tussen die lelies laat wei.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? |
2 |
My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. |
3 |
Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne -- hy wat herder is onder die lelies. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|