11 |
“Ek het afgegaan na die neuteboord om te gaan kyk na die nuwe lewe van die lente. Ek het gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan om te kyk na die groen plante in die vallei, om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry en of daar blomme aan die granaatbome is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
“Ek gaan af na die neuteboord toe, ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit, ek gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|