A A A A A
Lied van Salomo 4
4
Jou nek is so sierlik soos die Dawidstoring wat versier is met duisend skilde van sy helde.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Jou nek is soos die toring van Dawid met sy klippe in rye, daar hang 1 000 skilde aan die toring, dit is almal skilde van spesiale manne.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Jou nek is elegant soos die Dawidstoring en jou halssnoer blink soos 1 000 skilde.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Dié aan jou nek is soos die Dawidstoring wat uit rye klip gebou is; aan hom hang duisend skilde, al die skilde van die helde.
Afrikaanse Bybel 1983

4
U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.
Afrikaanse Bybel 1933/1953