11 |
Jou lippe proe soos heuning, my bruid. As jy praat, is dit so heerlik soos heuning en melk. Jou klere ruik so lekker soos die Libanon. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
My bruid, jou lippe proe soos stroop, daar is heuning en melk onder jou tong, jou klere ruik na die Libanon-berg.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Jou lippe proe heuningsoet, jou tong smaak soos melk en jou klere ruik na die seders van die Libanon. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid, jou tong soos heuning en dikmelk, en jou klere ruik soos die Libanon. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|