10 |
Om jou te liefkoos, is wonderlik, my liewe bruid. Dit is soveel beter as wyn. Jou parfuum ruik lekkerder as al die geurige kruie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
My suster, my bruid, jou liefde is soet, jou liefde is lekkerder as wyn, jou olie ruik lekkerder as al die kruie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
My liefste, hoe kosbaar is jou liefde nie vir my nie. Jou liefde is soveel beter as wyn en jou parfuum geuriger as enige spesery. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid, jou liefkosings is beter as wyn, jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|