A A A A A
Prediker 9
16
Toe het ek besef: Wysheid is beter as krag, maar die wysheid van die arme word geminag, en niemand luister na wat hy sê nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Ek het toe gesê: Dit is beter om wysheid te hê as om sterk te wees. Maar mense dink 'n arm mens se wysheid is nie belangrik nie, en hulle luister nie wanneer hy praat nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Toe het ek vir myself gesê dit is tipies van die lewe. Wysheid is baie beter as krag en mag, maar die arm wyse sal altyd verag word. Niemand luister na hom nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Toe het ek gesê: Wysheid is wel beter as krag, maar die wysheid van die arme word geminag, en niemand luister na wat hy sê nie.
Afrikaanse Bybel 1983

16
Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953