A A A A A
Prediker 5
1
Moenie te gou praat nie. Moenie oorhaastig iets aan God belowe nie. Onthou: God is in die hemel en jy is op die aarde. Laat jou woorde min wees.
2
Baie aktiwiteit gee jou rustelose drome. Net so kom dwaasheid van te veel woorde.
3
As jy iets aan God belowe het, moenie versuim om dit te doen nie. Hy het nie tyd vir dwase nie. Doen wat jy beloof het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê.
2
Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos 'n dwaas.
3
Maar wanneer jy 'n gelofte gemaak het aan God, dan moet jy dit doen, jy moenie wag nie, want Hy hou nie van dwase nie. Jy moet doen wat jy belowe het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Dink mooi voordat jy met die Here praat. Moenie sommer vinnige beloftes aan God maak nie. Onthou, God is baie groot en jy is baie klein. Hy is bo in die hemel en jy is onder op die aarde. Daarom moet jy mooi kyk wat jy sê.
2
Pas op hoe jy oor jou drome praat, want van te veel praat, kom groot probleme. Kort voor lank sê jy verkeerde dinge oor God.
3
[3-4] As jy God iets belowe het, moet jy dit so gou moontlik doen. God hou nie van mense wat los en vas beloftes maak nie. Doen wat jy belowe het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig 'n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde. Laat jou woorde daarom min wees.
2
Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde.
3
As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
2
Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
3
As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953