A A A A A
Prediker 5
9
Mense wat geld liefhet, kry nooit genoeg daarvan nie. Mense wat van rykdom hou, is nooit tevrede met hulle inkomste nie. Ook dit is sinloos.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Mense wat lief is vir geld, wil altyd nog meer geld hê. Mense wat graag ryk wil wees, sny baie koring af, maar dit is nooit genoeg vir hulle nie. Ook dít is nie reg nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
As jy lief is vir geld, sal jy altyd nog meer wil hê. As jy baie besittings wil hê, sal jy nooit genoeg kry nie. Dit is sinloos. Alles kom tot niks.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.
Afrikaanse Bybel 1933/1953