A A A A A
Prediker 5
17
Maar ek het darem ook iets goeds opgemerk: Dit is goed dat mense lekker eet en wyn drink en hulle werk geniet, wat hulle ook al onder die son doen, gedurende die tydjie wat God hulle laat lewe. Dit is hulle deel op aarde.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Maar ek het ook iets gesien wat goed is: Dit is lekker om te eet en te drink en goeie dinge te geniet wanneer 'n mens sy hele lewe lank hard werk in hierdie wêreld. Dit is iets wat God vir hom gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Die allerbeste ding wat met ’n mens in sy lewe kan gebeur, is om te eet en te drink en die goeie dinge tussen al die swaarkry deur te geniet. Dit is die mens se enigste erfporsie hier op aarde.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953