A A A A A
Prediker 5
15
Dis ook onregverdig: Soos mense gekom het, so gaan hulle. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Ook dít is 'n baie slegte ding: 'n Mens gaan uit die wêreld soos hy ingekom het. Hy hou niks oor van alles waarvoor hy hard gewerk het nie, dit was soos wind.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Net soos hy met leë hande in die wêreld gekom het, verlaat hy dit ook weer met leë hande. Dit is mos nie reg nie, want watter nut het al sy harde werk dan?
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Ook dit is 'n bitter swaar ding: presies soos hy gekom het, so gaan hy. Wat help dit dat hy hom vir wind afgesloof het?
Afrikaanse Bybel 1983

15
So is dit dan ook 'n smartlike onheil: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir wind?
Afrikaanse Bybel 1933/1953