14 |
’n Mens kom kaal die wêreld in, so gaan hy ook die wêreld uit. Daar is niks wat hy kan saamvat vir al sy moeite nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Wanneer die persoon sterf, dan het hy niks. Hy is kaal gebore en hy sterf kaal. Hy neem niks saam met hom wat wys dat hy hard gewerk het nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
Soos hy sonder enige besittings gebore is, so gaan hy dan ook sonder enige besittings dood. Ten spyte van al sy harde werk kan hy niks saamvat nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Self gaan hy kaal uit die wêreld uit soos hy daarin gekom het. Hy kan niks met hom saamneem vir al sy inspanning nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|