A A A A A
Prediker 5
11
Mense wat hard werk, slaap goed, maak nie saak of hulle baie of min eet nie. Maar die skatte van ryk mense laat hulle nie toe om rustig te slaap nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Die man wat hard moet werk, slaap goed wanneer hy min eet en ook wanneer hy baie eet, maar die ryk mens eet te veel en hy kan nie slaap nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Of sy maag nou vol is of nie, ’n werker slaap altyd lekker. ’n Ryke slaap min, want hy is oor besittings bekommerd. Ook dit kom tot niks.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie, maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Soet is die slaap van die arbeider, of hy min en of hy baie eet; maar die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953