A A A A A
Prediker 4
4
Ek het toe opgemerk dat die meeste mense se moeitevolle arbeid gemotiveer word deur afguns op ander mense. En dis ook alles sinloos, ’n blote gejaag na wind.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Ek het gesien mense werk hard en hulle wil slaag. Hoekom? Omdat hulle jaloers is op mekaar. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, hulle jaag wind.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Ek het ook agtergekom waarom mense soms so hard werk. Dit is uit jaloesie omdat mense mekaar niks gun nie. Sulke arbeid is absoluut sinloos. Dis niks anders as ’n gejaag agter wind aan nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.
Afrikaanse Bybel 1933/1953