A A A A A
Prediker 4
3
Die gelukkigste van almal is mense wat nog nie gebore is en nie die onreg gesien het wat onder die son gedoen word nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Maar wie is gelukkiger as hulle almal? Dit is die mense wat nog nie gebore is nie. Hulle is gelukkiger, want hulle het nie al die slegte dinge gesien wat mense in hierdie wêreld doen nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Van almal is die mense wat nog nie gebore is nie, die gelukkigste, want hulle het nog nie al die slegte dinge op aarde gesien nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
maar die gelukkigste van almal is dié wat nog glad nie gebore is en nog nie al die onreg gesien het wat op hierdie wêreld gedoen word nie.
Afrikaanse Bybel 1983

3
en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953