A A A A A
Prediker 4
16
Daar was nie ’n einde aan al die mense oor wie hy regeer het nie. Tog sal die nageslag nie met vreugde aan hom dink nie. Ook dit is alles sinloos, ’n blote gejaag na wind.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Daar is altyd mense wat graag 'n nuwe koning wil dien, maar later hou hulle nie meer van hom nie. Ja, ook dít is nie soos dit moet wees nie, almal jaag wind.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Baie mense het van hom gehou, maar volgende geslagte het nie eens meer aan hom gedink nie. Dit wys net hoe sinloos alles is. Alles kom tot niks.
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Die mense oor wie hy geregeer het, was te veel om te tel. Tog het die nageslag nie met vreugde aan hom gedink nie. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaanse Bybel 1983

16
daar was geen einde aan al die mense, aan almal aan wie se hoof hy gestaan het nie. Tog sal die nageslag hulle nie oor hom verbly nie; so is dit ook tevergeefs en 'n gejaag na wind. [ (Ecclesiastes 4:17) Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase 'n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen. ]
Afrikaanse Bybel 1933/1953