A A A A A
Prediker 4
15
Maar tog het ek gesien dat almal wat lewe onder die son die jong man volg, hy wat die koning se plek ingeneem het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Ek het gesien dat al die mense in hierdie wêreld kies om saam te gaan met die jongman wat koning geword het in die ou koning se plek.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Ek het gesien hoe al die mense ’n jong koning ondersteun.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Ek het gesien hoe al die lewendes wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sou word;
Afrikaanse Bybel 1933/1953