14 |
Die jong man kom dalk uit die tronk en word koning, al was hy arm gebore in die koninkryk van sy voorganger. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Ja, die jongman is miskien gebore toe die ou koning al regeer het, en sy ouers was miskien arm. Die jongman was miskien 'n gevangene, maar hy kan daar uitkom en miskien koning word. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
is hy nogtans beter as ’n dom, ou koning na wie niemand luister nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
'n Jongman het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
Want daardie een het uit die gevangenis uitgegaan om koning te word, alhoewel hy as 'n arme in die koninkryk van die ander gebore was. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|