1 |
Daar is ’n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd: |
2 |
’n Tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf. ’n Tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is. |
3 |
’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak. ’n Tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Daar is 'n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. |
2 |
Daar is 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterf, 'n tyd om te plant en 'n tyd om plante uit te trek. |
3 |
Daar is 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om te bou. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Alles gebeur op ’n bepaalde tyd. Alles in die lewe is vooraf bepaal: • |
2 |
daar is ’n tyd om gebore te word en daar is ’n tyd om dood te gaan; daar is ’n tyd om te plant en daar is ’n tyd om weer die plante uit te trek; • |
3 |
daar is ’n vasgestelde tyd om dood te maak en daar is ook ’n tyd om gesond te maak; daar is ’n tyd om dinge af te breek en ’n tyd om dit te herstel; • |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: |
2 |
daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, |
3 |
'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd: |
2 |
'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is, |
3 |
'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|