A A A A A
Prediker 3
22
Ja, ek het agtergekom dat daar niks beter is nie as dat mense gelukkig is in hulle werk. Dit kom die mens toe. Wie kan hom laat weet wat ná hom sal gebeur?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

22
Ek het gesien dit is die beste vir 'n mens dat hy sy werk moet geniet, dit is sy beloning. Wie kan vir 'n mens wys wat ná hom sal gebeur?
Afrikaanse Bybel ABA 2007

22
Die lewe het my geleer dat die mens dit waarmee hy hom elke dag besig hou, maar moet geniet. Hy kan eintlik nie iets anders nie, want niemand weet wat hierna in die dood gaan gebeur nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

22
Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk; dit is wat hom toekom. Wie kan hom laat sien wat ná hom sal gebeur?
Afrikaanse Bybel 1983

22
So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat nhom sal wees?
Afrikaanse Bybel 1933/1953