A A A A A
Prediker 3
15
Wat is, was reeds. Wat nog sal wees, was ook alreeds, God soek dít op wat alreeds verby is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Die dinge wat nou daar is, was voorheen ook daar, en die dinge wat later sal gebeur, is nou ook daar. God laat die dinge wat verby is, weer gebeur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Wat nou bestaan, het vroeër ook reeds bestaan. En wat nog gaan kom, was alreeds daar. God laat dieselfde dinge weer en weer gebeur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953