A A A A A
Prediker 3
14
Ek weet alles wat God doen, is vir ewig. Niemand kan daar iets byvoeg of daar iets van wegneem nie. God doen dit sodat die mens Hom sal eer.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Ek weet nou dat alles wat God gemaak het, altyd daar sal wees. 'n Mens kan niks meer daarby sit nie en jy kan niks daarvan wegneem nie. God het dit so gedoen sodat almal Hom moet respekteer.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Ek weet dat alles wat God doen, vir altyd sal bestaan. Niemand sal iets daarby voeg of iets daarvan wegneem nie omdat God te groot en te sterk is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Ek het tot die insig gekom dat wat God doen, blywend is: jy kan daar niks byvoeg nie en jy kan daar niks van wegneem nie. God doen dit sodat die mens vir Hom ontsag sal hê.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953