A A A A A
Prediker 3
13
Mense moet eet en drink en onder al hul moeite nog die goeie kan geniet. Dit is geskenke van God.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Mense kan eet en drink en die lewe geniet nadat hulle hard gewerk het, ek weet dat dít 'n present is wat God vir mense gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Om tussen al die harde werk deur nog te kan eet en drink en gelukkig te wees is ’n geskenk uit die hand van God.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Dat die mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is 'n gawe van God.
Afrikaanse Bybel 1983

13
En ook -- dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.
Afrikaanse Bybel 1933/1953