22 |
Wat kry die mens vir al sy harde werk waarmee hy hom met soveel ywer onder die son vermoei? |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Wat kry 'n mens vir al sy harde werk in hierdie wêreld? Wat kry hy vir alles wat hy wou doen? |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Wat is dan die sin van al ons harde werk? Wat het ’n mens van al sy ideale en sy geswoeg op aarde? |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou? |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|