A A A A A
Prediker 2
21
Want ’n mens wat met wysheid en bekwaamheid gewerk het, moet sy besittings oorgee aan iemand wat nie daarvoor gewerk het nie. Dis alles sinloos en vrugteloos!
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Want iemand werk hard en hy gebruik sy wysheid, hy weet wat hy doen en hy doen dit goed, maar dan moet hy sy goed los vir 'n persoon wat nie hard gewerk het nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is baie verkeerd.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
’n Mens kan elke dag met oorgawe werk, en dan kom daar iemand wat glad nie daarvoor gewerk het nie en hy stap met alles weg. Dit is mos verkeerd; dis opperste sinloosheid.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
'n Mens wat met wysheid en kennis gewerk en sukses behaal het, laat sy besittings na aan een wat glad nie daarvoor gewerk het nie. Dit is nie reg nie. Ook dit kom dus tot niks.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Want daar is 'n mens wat hom met wysheid en kennis en bekwaamheid vermoei het; tog moet hy dit as deel oorgee aan 'n mens wat daaraan geen moeite bestee het nie. Ook dit is tevergeefs en 'n groot euwel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953