17 |
Ek was nie meer lus om te lewe nie, want wat onder die son gedoen word, het my teleurgestel. Alles is sinloos en ’n blote gejaag na wind. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
17 |
Daarom het ek begin om die lewe te haat. Die dinge wat mense in hierdie wêreld doen, het vir my verkeerd gelyk, want niks is soos dit moet wees nie. Mense jaag wind. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
17 |
Die lewe het vir my alle betekenis verloor, want niks op aarde het sin nie. Alles is sinloos en net ’n gejaag agter wind aan. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
17 |
Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wêreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop. Alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
17 |
Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en 'n gejaag na wind. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|